KOM ERVAAR DIE LEGENDARIESE RUSTIGHEID VAN DIE BOSVELD

Akkommodasie

Wildsplaas akkommodasie by Tala Manzi (Hoofkamp)

Ons kan ‘n totaal van 20 gaste in ons hoofkamp akkommodeer.

 

Chalet 2 :

 - Hierdie Chalet is onder die kroegarea gevestig. Die Chalet beskik oor 2 kamers (1 dubbelbed en 2 enkelbeddens)

- Elke kamer het ‘n persoonlike badkamer

- Daar is 2 ekstra enkelbeddens in die leefarea (1 van die kamers moet ongelukkig met die beddens ‘n badkamer deel)

- Die kombuis en leefarea is groot en baie gerieflik.

- Die Chalet kyk uit op die groot dam wat krokodille bevat.

- Buite is ‘n groot braaiarea en ‘n klein kroegie.

 

Chalet 3 :

 - Hierdie Chalet beskik oor 1 kamer (dubbelbed)

- Persoonlike badkamer

- Kombuis , leef- en braaiarea ( klein)

- Hierdie Chalet is gerieflik vir 2 persone

 

Chalet 4 :

- Hierdie Chalet beskik oor 2 kamers (1dubbelbed en 2 enkelbeddens)

- Elke kamer het ‘n pesoonlike badkamer

- Kombuis,leef- en braaiarea is groot en baie gerieflik

- Die Chalet se uitsig oor die groot dam is asemrowend.

- Hierdie Chalet bevat ook ‘n ingeboude braaier

 

Chalet 5 :

 - Hierdie Chalets beskik elk oor 2 kamers (1 dubbelbed en 6 enkelbeddens)

- Persoonlike badkamer wat gedeel moet word met 2 beddens

- Kombuis, leef- en braaiarea is groot en gerieflik.

- Chalet 6 beskik oor sy eie buitebraaier.

- Hierdie Chalets kyk uit op die voerplekke van die wild wat tussen 17:00 en 19:00 gevoer word.

 

Ons chalets beskik oor die volgende :

 - Stoof en oond met potte en panne

- 'n Kettel

- Toaster en Snackwithcher

- Braaipan

- Eetgerei

- Fortis Hotelware Breekware

- Verskeidenheid van kombuisgereedskap ( opskeplepels, braaitang, kwas, broodmes, groentemes, vleismes, spaan, klitser ens.)

- Opskepbakke en Tupperware.

 

Ons tariewe sluit die volgende in (Hoofkamp):
- Beperkte hoeveelheid hout (hout is te koop),
- Skoonmaakdiens,
- DSTV,
- Lugverkoeling

 

 Wildritte : 2ure se besigtiging van wild waarby ‘n drankie ingesluit is wat geniet word op ‘n uitkykpunt.

 Let wel : 'n 50% deposito word gevra die dag van bespreking en sodra betaling gedoen is word die bespreking gefinaliseer. 'n Bykomende "Breekware" deposito word ook gevra. Dit kan vooraf in die rekening inbetaal word, of aan die bestuur gegee word op die nag van arriveer, indien geen skade, sal die volle "Breekware" deposito met vertrek terug betaal word.

Boskamp

Karee Kamp is ‘n boskamp ±1 km vanaf die hoofkamp. Die boskamp is nie afgespan / omhein nie en dus kry jy die tipiese bosveld ervaring wat die skone Marico jou aanbied.

Karee is tussen die skilderagtige koppies van Tala Manzi geleë met ‘n kalmerende verby vloeiende spuit.

Karee Kamp word dus nie met Eskom krag voorsien nie maar verskeie fasiliteite is beskikbaar:

- Drie Chalets wat elk ‘n dubbelbed of twee enkelbeddens bevat

- Daar is genoeg ruimte waar eie tente en karavane opgeslaan kan word

- ‘n Kombuis wat alle eetgerei voorsien

- ‘n Ablusieblok afsonderlik vir mans en vrouens. Daar word water asook warm water voorsien

- ‘n Braaiarea wat hout en braaitoerusting voorsien

 

Hierdie boskamp word al vir jare besoek en verskeie funksies word ook hier gehou.

 

Vir meer kamp benodighede en maklike resepte, besoek gerus www.campingisfun.co.za

 

Kroeg :

Die kontant kroeg op Tala Manzi is in die kamp en is oop op aanvraag. Daar kan vooraf met die bestuur gereël word sou enige van die gaste die kroeg gebruik, of TV wil kyk.

 

Daar is ook n selfoon seinverterker in die kroeg aangebring wat Vodacom sein ten volle ondersteun. Dit is ook op die stoepie beskikbaar.

 

Geen eie drank mag in die kroeg in geneem word nie.

 

Swembad en kinder speel-area :

Daar is niks so ontspannend soos om langs die swembad te lê en warm bak of om in die water te baljaar nie. Die swembad sowel as die kinder speel-area word op eie risiko gebruik en Tala Manzi sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir n besering van watter aard ookal nie.

 

Die volgende reëls geld by die gebruik van die ontspannings area.

 

- Wees ten alle tye bedag op ander gaste se gerief.

- Geen glas bottels en / of glase word en / om die swembad toegelaat nie.

- Moet asseblief nie met skoene op die trampolien spring nie.

- Moet ook nie op die trampolien spring wanneer jy klaar geswem het nie of wanneer jy nog nat is nie.

- Kinders onder 7 jaar moet onder toesig swem of in die speel-area wees.

 

In - en uitteken tye :

 

Met vandag se lewenstempo en die feit dat ons almal n wegbreek tot volle wil benut, is dit soms nodig om Vrydagmiddag na werk te vertrek en dus laat op Tala Manzi te arriveer. Sou dit die geval wees en u weet dat u eers na 18:00 op Groot Marico gaan wees, sal die inteken tyd vooraf met bestuur gereël moet word. Normale inteken tye is tussen 14:00 en 17:00.

 

Uitteken sal deur die loop van die oggend wees maar u sal stiptelik om 14:00 ongelukkig die kamp moet verlaat. Sou dit verlang word om die volle dag in die kamp deur te bring sal 'n dagfooi gevra word. (As daar n kanssellasie is moet dit 48 uur voor arriveer tyd gedoen word, anders sal die deposito verbeur word)

gallery/boskamp1

Boskamp

gallery/boskamp2
gallery/boskamp3
gallery/boskamp4
gallery/boskamp5
gallery/boskamp6
gallery/boskamp7

Ander Fotos

gallery/bullet
gallery/bullet
gallery/img-20180215-wa0046
gallery/img-20180215-wa0046
gallery/boskamp3